Tafeltennis

Piktogram wat Tafeltennis aandui
Twee tafeltennisspelers besig met 'n spel op 'n minitafel in Duitsland

Tafeltennis of pingpong is 'n sportsoort waarin twee of vier spelers 'n ligte, hol balletjie heen en weer slaan met rakette. Die spel vind plaas op 'n harde tafel wat deur 'n lae net in twee helftes gedeel word. Spelers moet sorg dat 'n bal wat in sy rigting gespeel word slegs een keer hop op sy eie helfte van die tafel en moet dit terugspeel sodat dit op die helfte van die opponent hop. Punte word toegeken wanneer 'n speler misluk om die bal terug te speel binne die reëls. Spel is vinnig en verwag goeie reaksietyd. 'n Vaardige speler kan verskeie vlakke van draai aan die bal verleen, wat die trajek van die bal beïnvloed en sodoende die opponent se terugspeelopsies verminder.

Die sport word gereguleer deur die Internasionale Tafeltennisfederasie (ITTF) wat in 1926 gestig is. Sedert 1988 het tafeltennis Olimpiese status, wat vier items insluit. Tussen 1998 en 2004 was die items mans- en damesenkelspel en mans- en damesdubbelspel, maar die dubbels is sedert 2008 met 'n spanitem vervang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search